Oor Ons

Hoe dit alles begin het

Ek het Verbruikerstudie op skool geneem. In graad 11 (2017) het ons die opdrag gehad om ‘n koek vir ‘n spesiale geleentheid te bak. Ons kon self die geleentheid kies en hoe die koek moes lyk. Ons moes in groepe van twee werk. Ek en my vriendin het besluit om ‘n koek soortgelyk aan dié van Buddy Valastro van Cake Boss te bak en dit ‘n troukoek te maak. Ek het tuis rose gemaak en die Mnr & Mev wat van fondant gemaak is, bygevoeg. Ons het die koek by die skool gebak en versier en dit na die onderwyseres geneem om te merk. Ons het volpunte vir die koek gekry! Die reaksie van mense toe hulle die koek sien, was ongelooflik, wat jou trots laat voel het oor jou harde werk. Net daar het ek besluit dat dit is wat ek in die lewe wil doen.

Besluit om dit ‘n besigheid te maak

Die jaar 2019 was my eerste jaar ná skool en ek wou studeer om ‘n patisserie-sjef te word. My pa en ma het gesê ek moet liewer ‘n jaar neem en besluit of dit regtig is wat ek wil doen. In daardie jaar het ek begin om koeke en kolwyntjies te bak, en my pa en ma het dit na die werk geneem om dit te verkoop. Die mense het net alles geniet wat ek heeltyd saam met my ouers gestuur het. Ek sou elke einde van die maand op die vloer van die sitkamer sit en die geld tel wat ek uit die koeke en kolwyntjies gekry het. Elke keer het ek net meer en meer opgewonde geraak toe ek sien ek kry net meer en meer geld. Ek besef toe net weer dat dit regtig is wat ek wil doen en dat ek ‘n passie daarvoor het.

In 2020 het ek by CTIA in Stellenbosch ingeskryf vir ‘n 1-jaar patisserie-sjefkursus. Gedurende die eerste 6 maande moes ek die Foundation Program in Professional Cookery doen en gedurende die laaste 6 maande die Patisserieprogram. Die laaste opdrag was ‘n drie-vlak koek vir ‘n spesiale geleentheid. Daar moes sekere hoeveelhede van sekere items bo-op wees. Ek het ‘n pienk Ooievaarstee-koek gemaak waarvoor ek die hoogste punte in die klas behaal het! Toe besef ek weer dat ek in die regte rigting was met wat ek wou doen.

Die laaste deel van die kursus was praktiese ervaring in die bedryf, wat ek by Sheena Henry Creative in Edgemead gedoen het, omdat ek na Sheena opgekyk het vir wat sy op hierdie gebied gedoen het. Nou het ek al ‘n paar jaar my eie onderneming. Die nuwe kombuis vir Brigitte Bakes is net voor my 21ste verjaarsdag op 19 September 2021 voltooi. Dit is die plek vanwaar ek my passie kan volg en geniet.

Prestasies

Kliek op enige foto om 'n groter weergawe te sien. Kliek dan op die linker- of regter-pyltjie (of druk of op die sleutelbord) om deur die groot foto's te blaai.

Brigitte Bakes se nuwe kombuis

Kliek op enige foto om 'n groter weergawe te sien. Kliek dan op die linker- of regter-pyltjie (of druk of op die sleutelbord) om deur die groot foto's te blaai.