Bestelproses

Jy moet die volgende besluit:

  • Watter tipe koek of lekkerny jy wil hê
  • Hoeveel items jy wil hê (‘n minimum van 12 kolwyntjies kan bestel word)
  • Die geur / vulsel van die item(s)
  • Datum waarop item(s) benodig word
  • As jy ‘n sekere tema wil hê, is ‘n foto (foto’s) van jou idee nodig.

Kolwyntjies moet ten minste 1 week voor die vereiste datum bestel word.
Koeke moet ten minste 2 – 3 weke voor die vereiste datum bestel word.

Jy moet asb die vorm invul om jou bestelling te plaas.

‘n Prys sal bepaal word wanneer alle vereiste inligting ontvang is. Brigitte Bakes se bankbesonderhede sal per e-pos of WhatsApp aan jou gestuur word (afhangende van jou verkose korrespondensie-metode). Jy moet ‘n deposito van ten minste 50% per EFT (of kontant) betaal voordat die werk begin sal word. Bewys van betaling moet na brigitte@brigittebakes.co.za (of WhatsApp 082 254 0073) gestuur word. Die laaste 50% kan betaal word via EFT 1 dag voordat jou bestelling afgehaal word OF kontant kan betaal word by die afhaal van jou bestelling.

Brigitte Bakes doen geen aflewerings nie, behalwe vir troukoeke of in die geval van spesiale reëlings. Afleweringskoste sal ingesluit word by die oorspronklike prys wat Brigitte Bakes bepaal het.